Die dood het agt pote

|

Not Available as E-Book

Authors Email

Die dood het agt pote

Ernie Mellet

R 70,00

Hardcopy Price

Dis 2001. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes werk aan Projek Laser in grotte naby Muizenberg. Hul opdrag: om ‘n lasergeweer vir die Weermag te ontwerp wat geen koeëls gebruik nie. Een van die wetenskaplikes word vermoor, maar geen moordwapen word gevind nie. Maar wat van die eienaardige bytmerkies op sy bors? Kan dit iets met sy moord te doen hê? Kaptein Buks Wium word aangesê om die ondersoek te lei. Hy besluit om Sersant Slappes October (wat hard probeer om ‘n speurder te wees!) by die saak te betrek. Dit bly egter nie by net een moord nie. Nog ‘n wetenskaplike word vermoor. Is daar ‘n verbintenis? En die bende wat Kaptein Wium op af kom, wat is hul motief? Hulle word verbind met nog huurmoorde, waarvan almal nie slaag nie en wat nuwe getuienis na vore bring. En wie is Maskerman? Die groot vraag is: wat het die spinnekoppe met alles te doen? Gaan Kaptein Wium daarin slaag om die moordenaars te vang? Of gaan hy self ‘n slagoffer raak?

Navigation

Get Involved

Subscribe

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers