Toring Van Versoeking

|

Not Available as E-Book

Authors Email

Toring Van Versoeking

Ernie Mellet

R 70,00

Hardcopy Price

Riaan v.d. Linde is oorwerk en sy vrou, Carol ly aan asma van die besoedelde Kaapse lug. Hy koop ‘n plaas in die Sandveld vir rustigheid. Op ‘n dag kry hy die idee om ‘n kasteel op die plaas te bou waar hy sal regeer as koning, Carol as koningin en Proppie, sy dogter, as prinses. Maar Carol mag nie in die kasteel kom voordat dit klaar is en hy haar oor die drumpel dra nie… Dit sou die begin van die einde vir hom wees, want kastele kan koue plekke wees; koud soos ‘n lyk! Hy dra hy wel sy vrou oor die drumpel, maar sy kan nie meer die kasteel se prag waardeer nie… Met Carol wat van die toneel verdwyn, stuur die duiwel(?) vier vroue deur Riaan se lewe om hom oor die afgrond te help. Daar is Feilea, die verslaafde aan sepies en ‘n langafstandhardloper wat baie dinge probeer, maar nooit slaag nie. Ook nie in hulle verhouding nie. Hy erf ‘n Harley Davidson van ‘n vriend van hom en so ontmoet hy vir Tanja, oftewel Tiger, die mekênniek, wat hom die wilde kant van die wêreld wys. Sy word opgevolg deur Charmaine, die diakones wat hom godsdienstig wil help. Maar wie is die geheimsinnige Mabel? Wat gaan gebeur as die vrouens saamspan om Riaan ‘n dodelike les te leer? Hierdie verhaal het deurlopende, onvoorspelbare aksie wat jou aan die raai sal hou tot die einde.

Navigation

Get Involved

Subscribe

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers