Search
  • DiGi Publishers

Hoekom Skryf Jy?

6 Vrae wat jy eerlik moet beantwoord

1) Skryf jy omdat dit lekker is vir jou?

2) Is dit ‘n uitdaging vir jou om te skryf?

3) Of omdat jy sommer net lus is om te skryf?

4) Is jy ‘n nuwe skrywer of het jy al boeke gepubliseer?

5) In watter genré skryf jy graag?

6) Wat is jou dryfveer agter jou skrywerswerk?

7) Geniet jy dit of is dit ‘n pyniging?

Skryf moet lekker wees, anders is dit ‘n straf. Vir baie skrywers wie se boeke deur groot uitgewers uitgegee word, kan dit later in ‘n straf ontwikkel. Hulle teken soms ‘n kontrak met die uitgewers en moet jaarliks ‘n boek of meer uitgee. Dit moet voldoen aan die uitgewers se vereistes. Ek het al gehoor dat uitgewers selfs voorskryf hoe intiem die tonele in ‘n hygroman moet wees. Dis nie maklik om volgens ander se standaarde en idees te skryf nie.

Daarom is dit beter om jou eie boek, op jou eie manier en idees te skryf.

Skryf moet ‘n uitdaging vir jou wees. Dit moet iets in jou wakker maak en jou dryf om elke dag skryf. Dis ‘n passie wat in jou binneste moet brand wat niks kan blus nie, behalwe natuurlik om te skryf!

Jy moet ook lus wees om te skryf. Baie skrywers kry skrywersblok wanneer hulle doodeenvoudig soos ‘n leë wit blanke papier voel. Dis asof al hul idees by die venster uitgewaai het. As jy so voel, neem ‘n week af en vergeet van skryf. Doen ander goed wat vir jou lekker is. En dan neem jy weer jou manuskrip op en begin skryf. Kry idees in hierdie tyd.

Sommige skrywers skryf omdat dit hul loopbaan en werk geword het. Met ander woorde hulle doen dit om betaling te ontvang daarvoor. Wat reg is, want skryf is harde werk!

Elke skrywer moet homself hierdie vrae vra. Ook moet jy besluit wat is die doel van jou boek?

Skryf moet ‘n kombinasie van al hierdie elemente bevat om jou aan die skryf te hou:

· Dit moet lekker wees;

· Dit moet ‘n uitdaging vir jou wees;

· Jy moet lus wees om te skryf;

· En jy wil vergoed word vir jou moeite wat jy ingesit het.

Vertel ons hoekom jy skryf – ons sal graag wil hoor wat almal sê.





47 views

Navigation

Get Involved

Subscribe

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers