Search
  • DiGi Publishers

Skep nuuskierigheid by jou leser

Hoe skep jy nuuskierigheid by 'n leser?

Daar’s nie iets wat ‘n leser so amuseer en bind soos nuuskierigheid nie. Hulle sal alles doen net om uit te vind wat gaan gebeur. Dit laat hulle diep delf in die storie in om te bepaal wat die uiteinde gaan wees. Hulle wil self uitfigure wat moet gebeur. Lesers moet die uitkoms weet, en dit is wat hulle dryf om ‘n boek klaar te lees. Nuuskierigheid is ‘n krag wat maak dat hulle reageer daarop.

· Dis die kuns van skryf: om die leser te prikkel met al die verskillende moontlikhede van die storie. Die skrywer wil hê dat hulle die karakters moet volg in hulle avonture, hartseer en geluk. Hulle moet reageer op hul eie nuuskierigheid.

· Die taak van die skrywer is om dwarsdeur die storie, broodkrummels te strooi wat sal lei tot ‘n einde wat sal tevrede stel. Dit moet hul uitstappie die moeite werd maak om deel te wees van die verhaal. Hierdie broodkrummels in jou verhaal moet jou leser op die pad hou tot die einde toe.

· Gee hulle iets om na te volg, om na uit te sien en te lees tot die einde toe. Ja, om selfs alles om hulle te vergeet en hulself te verdiep in jou storie.

· Trek jou leser in jou verhaal in. Laat hulle saam huil en lag. Laat hulle sweet van angs of ontvlug na ander wêrelde. Verras hulle keer op keer. Gee hulle die onverwagse. As die gemiddelde leser sou dink DIT gaan nou gebeur: laat die teenoorgestelde gebeur!

· Moenie al die antwoorde gee nie- laat hulle dit self uitpuzzle. As hulle dinge self vooruit kan bepaal- gaan hulle belangstelling verloor en jou boek neersit.

· Hou hulle geÏnteresseerd in jou storie.Plaas storie elemente in jou verhaal wat hulle dieper sal laat kyk. Dinge wat hulle sal dwing om aandag te gee. Dink aan voorgevoel of verwagtinge – onthou net as jy dit doen moet jy dit ook gee aan die leser. Gebruik vooruitskaduwing om iets wat gaan gebeur te voorspel- jy gee net ‘n ligte aanduiding daarvan.

· Dink aan jou lesers as ‘n klomp luisteraars wat om ‘n kampvuur sit en kuier. Iemand vertel ‘n storie.

· Hoe reageer hulle?

· Leuen hulle vorentoe om beter te hoor en te verseker hulle mis niks nie?

· Of hou elkeen hom besig met sy ding?

· Sit hulle nader aan mekaar omdat hulle die vrees van die karakter aanvoel?

· Vee iemand stilweg ‘n traan weg?

· Lag hulle dat hulle so lê?

· Is dit wat jy wou bereik met jou storie?

· Draai die verwagtinge op sy kop- doen die teenoorgestelde.

· Verras jou leser keer-op-keer.

· Vra vrae en gee later die antwoorde.

· Mislei jou lesers.

· Moedig emosionele reaksies aan. (lag, huil, vrees, ens.)

· Sorg vir genoeg probleme vir jou protagonis.


Publiseer jou boek by ons.

0 views
584ac2d03ac3a570f94a666d.png
IG-01-01.png
1-brand-guidelines-01-logo_0_0-01.png
Linkedin-Download-PNG.png

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers

-South Africa