584ac2d03ac3a570f94a666d.png
IG-01-01.png
1-brand-guidelines-01-logo_0_0-01.png
Linkedin-Download-PNG.png

Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers

-South Africa

  • DiGi Publishers

Skryf vanuit jou hart



Skryf is ‘n ongelooflike groot veld wat die skrywer moet ontbloot aan sy lesers. Dit begin met ‘n idee of gedagte wat uitgebrei en ingekleur moet word om op die ou einde ‘n storie te vorm. Dis baie soos die skilder van ‘n landskap: die agtergrond, die hoof gedagte wat uitgebeeld word, die kleiner fyner detail wat ingeverf word. As een aspek ontbreek, kan dit alles bederf.

Skryf is iets wat vanuit jou hart moet kom. Daar’s iets in elke skrywer wat uniek is: wat en hoe hy of sy gedagtes op papier neerlê. Soms ontbloot skrywers so ietsie oor hulself in hul skryfwerk. Dink aan fantasie verhale. Hierdie skrywers wil ontvlug van die werklikheid. Dit neem hulle op ‘n reis na ‘n onbekende plek waar hulle ook veilig voel. Ontdek jy iets van jouself hier?

So leef ons elkeen in ons eie wêreld as skrywers. Elkeen met sy eie idees, ideologie, verbeelding en manier van skryf. Gelukkig is daar nie ‘n reg en verkeerd nie. Skrywers is elkeen besonders en uniek in wat hulle doen.

Skryf met passie.

Leef jouself in jou verhaal in.

Word deel van jou verhaal.

Ontdek iets van jouself in jou skryfwerk.

Geniet dit!

2 views
This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now