Search
  • DiGi Publishers

Verskillende Genré

Dit is baie belangrik dat ’n skrywer weet wat hy/sy wil skryf. Hoekom?

Want elkeen het verskillende kriteria waaraan voldoen moet word.


1) Artikel : word gewoonlik, nes ’n rubriek, geskryf vir ’n koerant, tydskrif, blog, webblad. Dis ’n vorm van verslaggewing gebaseer op feite en navorsing. Die skrywer neem nie ’n persoonlike standpunt in oor die onderwerp nie maar gee verskillende sienings in ’n saak en op so ’n wyse dat die leser self ’n opinie en gevolgtrekking kan maak. Die doel daarvan is om informasie te bied. Dis kort en kragtig.

2) Rubriek: is meer ’n meningstuk of uitspraak van ’n persoonlike opinie. Die wese kan verskillend wees bv. humoristies, inspirerend of vertel van persoonlike ervarings of belewenisse. Rubrieke val gewoonlik onder sekere kategorieë, afdelings of groepe waarin spesifieke onderwerpe bespreek word. Dis kort en kragtig.

3) Verhale: daar is verskillende soorte verhale wat geskryf kan word.

a) Romanse/liefdesverhaal: dis ’n dikker boek. Handel altyd oor romantiese verhoudings tussen hoofkarakters. Bestaan gewoonlik uit hoofstukke/episodes. Karakteruitbeelding en omgewingsbeskrywings (ruimte) speel ’n intergrale rol. Dis karakter-en emosiegedrewe storielyn. Komplekse verhaal. Klem val op liefde: om dit te vind, herken en te hou. Romanse kan inspirerend/spanningsvol/eroties/ paranormaal met vampiere/spoke/gode/towerkunste of histories (soos bv. tydens oorlog) wees. Romanse is steeds een van die mees gewilde genrés.

b) Die roman kan onderverdeel word :

i) Historiese roman: speel gewoonlik in die verlede af wat die gebeure, leefstyl, mense,ens. duidelik weerspieël in die verhaal. (Dink aan verhale uit die Wêreld Oorlog)

ii) Karakter roman: fokus op die psige van die mens in die karakters tot in die fynste besonderhede te ontleed.

iii) Intrige roman: lê klem op die handeling

iv) Tendens romans: die skrywer gebruik sy verhaal om ’n bepaalde idee weer te gee of om die leser te oortuig oor iets of om ’n verkeerde stelling/daad/toestand te herworm deur dit aan die kaak te stel.

c) Kortverhaal: vir ’n tydskrif beslaan ongeveer 1 500-2 000 woorde. In boekvorm (klein formaat) 5 000- 15 000 woorde. Dis baie soos ’n roman. Dit beeld gewoonlik ’n stuk uit iemand se lewe uit. Gekonsentreerd op die tema van die verhaal.

d) Novelle: val êrens tussen ’n kortverhaal en roman. Dis langer as ’n kortverhaal maar korter as ’n roman. Dis ’n eenvoudiger tipe verhaal met gewoonlik net een gebeurtenis as tema. Novelle/ kortverhaal: 15 000- 40 000 woorde. Handel meestal oor menslike ervaringe. Opgedeel in hoofstukke.

e) Skets: is soos’n tekening van ’n bepaalde iets. Dit kan ’n persoon of persone wees, toneel, gebeurtenis, of milieu.(kring/omgewing/sfeer waarin iemand opgegroei en tuis is/ agtergrond/ atmosfeer).’n Bepaalde stemming word geskep rondom die onderwerp. Die verhaalselement is nie sterk aanwesig nie en sonder die diepere samehang van oorsaak en gevolg.

f) Essay/ kunsopstel: is ’n prosastuk, gewoonlik sterk persoonlik, krities of bespiegelend van aard. Dit bevat ’n stukkie kommentaar oor die lewe. Dis ook die hoofdoel daarvan: om krietiek en kommentaar te lewer. Dis selfopenbarend- so die stuk gee ’n indiepte kyk na die persoon se persoonlike lewe: geloof, geliefde, sienings, gebeure en karaktereienskappe.

g) Spanningsverhale (suspense): aksiegedrewe. Hoofkarakter ervaar gebeure op emosionele vlak. Die leser is gewoonlik twee treë voor die hoofkarakter.

h) Speurverhaal: hoofkarakter is ’n professionele speurder. Is in beheer van misdaad wat gebeur het. Die verhaal se gebeure pas soos ’n legkaart inmekaar. Speurder speel ’n magspel. Hy het ondervinding /ervaring en is teogerus vir sy taak. Hy hou kop in die situasies. Hy verskaf logika, feite en insig aan die leser. Hy beleef gebeure met sy verstand, nie emosioneel nie. Sy denke word voorop gestel. Leser is twee treë agter die speurder- so onligting word weerhou van die leser. Hy werk met leidrade.

i) Fiksie (fiction): gewoonlik nie ware verhale nie. Onlogies. Laat leser ontsnap van die werklikheid en om anders te wees van wie hulle in hul daaglikse bestaan is. Laat die leser droom, verbeel hulle is iemand anders/ op ander plek.

j) Misterie (mystery): fokus op geheimsinnigheid. ’n Raaisel wat opgelos moet word. Wie het die misdaad gepleeg? Hoekom? Hoe is dit gepleeg? Leser moet probeer om misterie op te los. Die misterie moet opgelos word teen die einde. Laat die leser heeltyd wonder en dink. Fokus is op die oplossing van ’n misdaad wat reeds gebeur het. (Agatha Christie verhale- leser verdink al die karakters!)

k) Riller (Thriller): hou die leser op hoë spanningsvlak; voorspel die volgende gebeure. Fokus val op wat kan gebeur (na ’n misdaad) en wat kan gedoen word om ’n katastrofe te voorkom. Rillers is aksie belaaid. Die klem word gelê op die voorkoming van iets – soos dood, oorname van ’n land, vernietiging van die wêreld.

l) Spanningsverhaal (suspense): dink aan twyfel, onsekerheid, afwagting, uitstel. Gevaar mag dalk nie duidelik of aanwesig wees met begin van verhaal nie. Soos die storie groei, so groei die spanning. Spanningsverhale fokus minder op aksie- meer besorgd oor voorgevoel/ verwagtings/ voorsmaak. Vraag wat leser vra: wat gaan volgende gebeur? Dit laat leser dink en voel terselfdertyd. Bou stadig, voetjie vir voetjie op na ’n klimaks . Daar is wel hoë spanningspunte tussenin – maar die leser weet dit bou op na die één oomblik of gebeurtenis: die gróót een!

m) Wetenskap fiksie verhale( sci-fi): dink: toekoms. Snaakse wêrelde/dier/plekke/mense/tegnologie/ elemente/ruimte/ aliens/ ontdekkingsreise. Wat is die effek daarvan op die mens? Die neem die leser na ’n ander wêreld wat onbekend is aan die mens. Laat leser oor aan ’n verbeeldingswêreld. Drome oor moontlikhede.

n) Fantasieë (Fantacy): is baie soos wetenskapfiksie maar bevat towerkragte/towerformules of –spreuke/supernatural magte. Mites en fabelkarakters word gebruik, soms saam met gevare. Dink aan feetjies/drake/ unicorns/elwe/weerwolwe/ vampiere. Fantasie verhale moedig leser aan om te fantaseer (verbeel/ voorstel/inleef) oor nuwe wêrelde en kreature.

o) Westerns/cowboys verhale: dink aan harde lewe, perde as vervoer, Indiane, die Marshalls wat wet en orde moes handhaaf en soms self korrup was. Goud wat op treine vervoer word. Salonne( bordele), kroeë met gevegte, koetse wat aangeval word en cowboys wat kan skiet!

p) Literêre verhale (letterkundig) : fokus op karakter emosies, groei en bekommernisse. Gewone nie-fiksie verhale lê klem op plot en aksie .Die karakter kom tot terme met homself en sy wêreld/ lewe. Klem lê op die woorde wat gebruik word om te beskryf eerder as op die aksies(woordkuns). Dit word ook klassieke werke genoem (Shakespear, voorgeskrewe werke).

q) Avontuur (adventure) : behels aksie en gevare. Die tempo is vinnig. Aksies kan ook pret (vermaak/ snaaks) en spanningsvol wees. Die hoofkarakters is aktief en fisies betrokke in sy/haar storiewêreld – ’n wêreld meestal anders as ons wêreld. Die hoofkarakter kan op ’n lang soektog wees( na iets of iemand/ ander wêreld) maar hy bly betrokke in gebeurtenis op gebeurtenis op die kort termyn.

r) Ware misdaad (crime): gewoonlik gebaseer op ware verhale/gebeure of feite. Die gebeure is baie tegnies. M.a.w detail word gegee aan elke ding. Die verskillende ondersoeke en handelings wat plaasvind op die moordtoneel.

s) Jong volwasses/tiener/jeugverhale: spesifiek gerig vir leser 12-18 jaar. Die hoofkarakters sal eerder ook jong volwassenes wees met hulle gebruike (taal, leefstyl, gewoontes, skool geörienteerd, ens.) en idees van die lewe. Dit moet ’n sterk boodskap laat by jou leser.

t) Tiener novelles/ romanse: reflekteer die realiteit van ’n kind se transfromasie na die van ’n volwassene. Dit behels besluitmaking wanneer gekonfronteer word met ’n verskeidenheid keuses. Onthou jeugverhale moet positief en oordeelkundig geskryf word. Tieners is maklik beinvloedbaar. Temas soos selfmoord ens. moet reg aangewend word. Doen navorsing oor sulke onderwerpe.

u) Peuter/ kleuter verhale: besluit vir watter ouderdomsgroep jy wil skryf. 3-5/ 5-10/10-12? Vir die kleiners sal prenteboeke meer sin maak. Vir die ouer groepe kan meer teks bygevoeg word. Doen navorsing oor kinders se ontwikkeling sodat jy kan weet en jou storie daarby kan aanpas. Verhale moet positief wees. Let op na woordgebruik, hulle verstaan nie hoë woorde nie. Leef jou in in hulle wêreld en hou alles so eenvoudig as moontlik. Doen-boekies met aktiwiteite daarin is baie gewild.


37 views

Navigation

Get Involved

Subscribe

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers