Search
  • DiGi Publishers

Wêreld-hardopleesdag


Wêreld-hardopleesdag: 5 Februarie 2020

Op Woensdag 5 Februarie is dit Wêreld Hardopleesdag. Ons word opnuut herinner aan die belangrikheid en impak wat hardoplees op mense het.


Hardoplees vir alle ouderdomme

Daar is nie ‘n spesifieke ouderdom waar hardoplees begin of eindig nie. Van kleintyd af geniet peuters die voorlees van stories en kyk veral na die prentjies. Die prentjies skep ‘n storie vir hulle.

Maar daar eindig hardoplees nie. Selfs in ouetehuise, versorgings- eenhede, siekeboë en institute word daar aan volwassenes voorgelees.

Dink aan blindes of verswaktes wat nie self kan lees nie. Voorlees het baie gewild geword onder groepe soos in ouetehuise.

Hardoplees vir kinders lê ‘n sterk fondament vir hul taal en om hul woordeskat uit te brei. Dit speel ook ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van verbeeldingskrag, empatie, nuuskierigheid en kreatiwiteit.

Vroeg leer hulle van verskillende karakters, gewoontes en gedrag. Hulle ontvlug na hul eie wêrelde van helde en ikone.

Hulle leer van gedragspatrone, konflik, probleme en oplossings.

Moedig jou kind aan om te lees deur hardoplees. Of gaan lees daardie dag iets vir iemand wat nie self kan lees nie.

Kyk na 10 redes waarom voorlees een van die beste aktiwiteite is om saam met jou kind te doen .




15 views

Navigation

Get Involved

Subscribe

Proudly Designed by MediaScope Copyright © 2019 DiGi Publishers